Back

Quick response saves family

Jun 25 2008 07:27:56:470PM - www.Beeld.com

Two recovery agents of a security company possibly saved a West Rand family from rape and murder after their quick response caught three robbers off-guard.

Wimpie Swanepoel (28) and his colleague Josef Meyer (31) both survived a “war” with three robbers at Kromdraai on the West Rand.

“We had just parked our car when the three armed men appeared from behind the walls,” said Mr. Van Kaam.

One of the attackers tied Van Kaam up in his garage, while the other two forced his wife and two daughters inside the house. The women were threatened with being raped.

When one of the robbers tried to disconnect the C-track tracking unit of Van Kaam’s bakkie, C-track’s control centre in Centurion, picked up an emergency signal.

The armed Meyer and Swanepoel, rushed from Krugersdorp to the smallholding, while a third tracking agent from Capital Air were sent with a helicopter from the Rand Airport in Germiston to help search for the robbers.

The plan of the robbers, who held the family captive in a bedroom on the ground floor of their double-storey house, was foiled when the men arrived at the smallholding.

The robbers fled and Meyer and Swanepoel started driving around to find the bakkie on the surrounding roads.

“They are really my heroes!” Van Kaam told Beeld. “If it weren’t for them, I might not have been able to talk to you right now.”

Swanepoel told that the fleeing robbers first fired shots at them on a gravel road. They chased the robbers on the Kromdraai Road and a “war” broke out “in which one of the robbers was hanging like a piece of cloth from the window, while shooting at us”.

The agents fired more than 40 shots with their two firearms – a 9mm Luger and .45 Norinco pistol. The robbers left the gravel road and fled over an electricity box into the bushes.

Meyer and Swanepoel stopped and ran for about 3 minutes into the bushes, whereafter they called the police.

The family was found safe and sound in the one bedroom.

The spokesperson for the Krugersdorp police, Captain Jacob Raboroko, said the three suspects are still at large.

Van Kaam’s father, Henk was shot and killed in a robbery in Krugersdorp two years ago.

Back

Vinnige optrede red gesin tuis

Jun 25 2008 07:27:56:470PM - www.Beeld.com

Twee opsporingsagente van ’n veiligheidsmaatskappy het moontlik ’n Wes-Randse gesin van verkragting en die dood gered toe hul vinnige optrede drie rowers onkant betrap het.

Twee opsporingsagente van ’n veiligheidsmaatskappy het moontlik ’n Wes-Randse gesin van verkragting en die dood gered toe hul vinnige optrede drie rowers onkant betrap het.

Mnre. Wimpie Swanepoel (28) en Josef Meyer (31), sy kollega, het die naweek ’n “oorlog” met drie rowers by Kromdraai aan die Wes-Rand oorleef.

Dit het gekom toe rowers mnr. Jakkie van Kaam (48), sy vrou, Wilma (42), en twee dogters, Karen (16) en Elmien (9), Vrydag by hul tuiskoms kort ná 22:00 op hul hoewe in Heuningklip, buite Krugersdorp, oorval het.

“Ons het net ingetrek toe vlieg dié drie gewapende mans agter die mure uit,” het mnr. Van Kaam vertel.

Een van die aanvallers het Van Kaam in die motorhuis vasgebind, terwyl die ander twee rowers sy vrou en dogters by die huis ingedwing het. Die vroue is gedreig dat hulle verkrag gaan word.

Toe een van die rowers die opsporingstelsel van ’n bakkie ontkoppel, het CTrack, ’n opsporingsmaatskappy, se beheersentrum in Centurion ’n noodsein ontvang.

Meyer en Swanepoel, albei gewapen, het hulle van Krugersdorp na die hoewe gehaas, terwyl ’n derde opsporingsagent van Capital Air met ’n helikopter van die Randse Lughawe in Germiston gestuur is om na die rowers te help soek.

Die rowers, wat die gesin in ’n slaapkamer op die grondvloer van hul dubbelverdiepinghuis aangehou het, se planne is in die wiele gery toe hulle die mans opmerk wat by die hoewe opgedaag het.

Meyer en Swanepoel het van die huis weggery om die bakkie op omliggende paaie te gaan soek. Dis tóé dat die rowers met die bakkie op die vlug laan.

“Hulle is die helde in my oë!” het Van Kaam aan Beeld gesê.

“As dit nie vir hulle was nie, het ek dalk vandag (gister) nie met jou gepraat nie.”

Swanepoel het vertel die eerste skoot “het op ons geval” toe die bakkie skielik by ’n grondpad uitgejaag kom.

Die rowers is op die Kromdraaipad agternagesit en ’n “oorlog” het uitgebreek “waar een van die rowers soos ’n lap uit die venster gehang en op ons bly skiet” het.

Die opsporingsagente het meer as 40 skote met hul twee vuurwapens – ’n 9 mm Luger- en ’n .45 Norinco-pistool – geskiet.

Die rowers het skielik met die bakkie uit die pad geswaai en oor ’n kragmeter die veld ingejaag.

Meyer en Swanepoel het stilgehou en sowat 3 min. lank die veld ingehardloop, waarna hulle die polisie ontbied het.

Die gesin is ongedeerd in ’n slaapkamer aangetref.

Kapt. Jacob Raboroko, polisiewoordvoerder van Krugersdorp, het gesê die verdagtes is steeds op vrye voete.

Van Kaam se pa, Henk, is twee jaar gelede in ’n rooftog in Krugersdorp doodgeskiet.

Back